Luukse Selfsorgverblyf in Nieuwoudtville

Die Wit en Swart Haas is twee gerieflike selfsorgkothuise geleë op ’n privaat landgoed in Nieuwoudtville en bied elk verblyf vir 2 gaste. Tydens blomseisoen word die landgoed omring deur pragtige blomme wat ’n rustige en idilliese atmosfeer skep. Hierdie luukse eenhede beskik elkeen oor ‘n:
- Groot slaapkamer met ’n koningin grootte-bed, hotel gehalte matrass met premium beddegoed,
- En suite-badkamer met ’n stort, wasbak en toilet,
- Kombuis volledig toegerus met ’n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond,
- Aparte sitkamer en eetarea met ’n kaggel waar gaste kan ontspan,
- Stoep met sitplek vir oggend koffie,
- Patio en volledige braai area,
- Volledige omheinde erwe vir gaste se diere,
- Luukshede soos ‘n Nespresso-koffiemasjien,
- Kaggel vir koue aande, en
- Veilige, onderdak parkeerplek vir een voertuig.
Gaste kan een eenheid bespreek vir twee mense, of albei vir vier mense.



Ons Gaste se Kommentaar
“Ons het die verblyf ongelooflik geniet. Ons kom gou weer terug!” Jurie van Pretoria
“Dankie vir die wonderlike mooi plek. Een van ons gunstelinge” Christa van Bloemfontein
